Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 20 DESEMBER 2016

Goeie môre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za,afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.


STIL SLEUTEL

Dit is met hartseer dt ons die afsterwe van Mickey Warr, ZS1WA , van Barrydale op Sondag 13v Nov om 05:00 na 'n kort siekbed oorlede. Hy was 86 jaar oud. Hy het omtrent 'n jaar gelede na Suid-Afrika terug gekeer, nadat hy en sy lv vir 'n paar jaar in Engeland gebly het.

Innige simpatie aan sy LV en naasbestaandes.

Dit is met leedwese dat ons ook kennis neem van die heengaan van John, ZS6JET, op woensdag 16/11/2016. John, 'n blinde operateur het amateurradio gebruik om in voeling met sy talle vriende te bly Alhoewel hy die afgelope paar jaar nie meer aktief op die lug was nie, sal vele hom onthou en sy geselskap mis
Ons betuig ons innige simpatie en meegevoel met se LV Laura en die res van sy gesin


POUSE

IN DIE NUUS VANDAG

SGR WERKWINKEL

WEDSTRYDE VIR 2017

BAKENS VIR SUID AFRIKA

EN

SARL WEBBLAD OPGRADERING

Bly ingeskakel vir meer hieroor asook ander interesante nuus items

**** Eerskomende Saterdag, 26 November 2016, bied AMSATSA in samewerking met die SARL ‘n Sagteware gedefineerde radio werk winkel aan. Die verrigtinge begin om 09:00 en sal ‘n inleiding tot SGR volledig toe gelig deur video materiaal bevat. Daar sal ook praktiese demonstrasies, insluitend ‘n SGR herhaler met Raspberry Pi, wees deur Anton Janovsky ZR6AIC terwyl Cor Rademeyer ZS6CR ook sal gesels oor die SGR transpondeerder konsep. Daar sal ook verslag gedoen word oor die Kletskous projek.

Vooraf registrasies begin om 09:00 die oggend terwyl die werk winkel om 09:30 sal begin en teen 12:30 afsluit. Jy word ook uit genooi om na die tyd te bly vir nog ‘n interesante gesprek oor die toekoms van SGR. Om nou al te bespreek gaan na www.amsatsa.org.za. Koste beloop R 20-00 om die ligte verversings se koste te dek en ‘n vrywillige donasie mag ook gegee word om by te dra tot die AMSATSA Kletskous projek. Betaal aanlyn of by die deure. Vul asseblief die registrasie vorm in om te help met die vooraf beplanning.


**** Ondervind jy probleme met jou SARL wagwoord?

Die webmeester van die SARL webblad is tans besig met verbeteringe aan die SARL webblad se sekuriteit. Indien jy altyd jou wagwoord in hoof letters in getik het mag jy dalk nou vind dat dit nie meer vir jou toegang tot die webblad gee nie. Dit is nou baie belangrik om jou wagwoord in die regte formaat in te tik aangesien die webblad se wagwoord sagteware nou baie meer streng is.

Lede kan ook te eniger tyd nou ‘n nuwe wagwoord kies deur die skakel te volg aan die bokant van die linker handse kolom. Indien jy steeds probleme ondervind besoek gerus www.sarl.org.za/ProblemsLoggingOn.asp



*** Geoff Levey, ZS6C, versoek alle klubs wat wedstryde aanbied om die korrekheid van die inligting vervat in die 2017 wedstryd handboek. Maak in besonder seker van die kontak besonderhede. Indien daar enige navrae of veranderings is kontak asb vir Geoff deur epos te stuur aan contest@sarl.org.za

Die sper tyd vir veranderinge is 25 November 2016. Laai gerus die nuwe handleiding af by sarl.org.za/public/contests/contestrules.asp

*** Pieter Jacobs, V51PJ, in Rosh Pinah het onlangs sy 50,300 MHz gg baken weer af gestof en dit weer met toets toerusting by gedam. Die baken lewer nou ‘n stewige 90 watt. Hy sal die baken gedurende Desember 2016 en Januarie 2017 bedryf deur ‘n 3 element horisontale Yagi wat op die middel van Suid Afrika gerig is. Hy sal ook ‘n 20 watt baken bedryf op 70,005 Mhz gelykgolf in ‘n 6 element horisontale yagi. Wees op die uitkyk vir sporadiese e openinge vanaf Namibië tussen 12:00 en 14:00 daagliks of selfs vir DX openinge van heelwat verder af. Hierdie bakens sal ook baie handig te pas kom tydens die komende PEARS BHF en UHF wedstryde.

Intussen bedryf Pieter ook ‘n baken op 144,429 mHz wat oor die Atlantiese Oseaan in die rigting van Brazil uitstraal. Hierdie baken mag dalk binnekort verskuif word na Luderitz, Swakopmund of selfs Walvisbaai om dit nader aan die see te bring. Dit mag dalk net die deurslaggewende faktor wees om met PY1MHZ in Rio de Janero of selfs ZD7VC in St Helena kontak te maak. Wanneer tropo geut geleiding plaasvind word toestande vir stasies van sover Suid as Kaapstad asook stasies in Swakopmund en stasies heelwat dieper die land in baie gunstig wees om met St Helena kontak te maak.

**** Die SARL se Amateur radio ere gallery eer individue wat blywende bydraes tot Amateurradio in Suider-Afrika gemaak het, en bewaar die geskiedenis
daarvan.

SARL-lede het hierdie jaar nege aanvanklike lede verkies. Daar is besluit
om nog 'n groep van tot tien lede in 2017 toe te laat, waarna 'n maksimum
van twee lede per jaar ingelaat sal word.

Nominasies is nou oop. Die Ere gallery bladsy is deur die SARL se Tuisblad
bereikbaar. Die nominasie bladsy bevat reeds vier nominasies.

'n Paar van AmateurRadio se groot geeste het dit nie in die eerste rondte
gemaak nie, in sommige gevalle omdat hulle nie genomineer is nie. Kom ons
maak seker dat die verdienstelikes almal ingesluit word, sodat hulle
bydraes vir die nageslag bewaar kan word.

Nominasies sluit aan die einde van Februarie. 'n Nominasie sjabloon is op
die Webwerf beskikbaar. Die nominasies wat reeds daar is kan as 'n riglyn
vir nuwe nominasies dien.

*** Die Wesrand Amateur radioklub hou sy volgende snuffel mark om 12:00 op Saterdag 26 November 2016 by die klubhuis in Krotonstraat, Weltevredenpark, Roodepoort. Almal is baie welkom. Vir meer inligting skakel, Geoff ZS6C 082 546 5546.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak baie laag gaan wees. Daar is bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie.

Diegene wat hulle eie frekwensie voorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van 10 vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 20m bande verwag. Daar is 'n moontlikheid van swak 10m openinge op Noord-Suid son verligte paaie.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.



En nou vir ons dagboek van gebeure

26 November - Wesrand Snuffelmark
26 November is ook dag vir die SGR werkwinkel
26 - 27 November - CQ WW DX CW Kompetisie
3 - 4 Desember - UK/EI DX SSB Kompetisie
4 Desember - SARL Digitale Kompetisie
10 - 11 Desember - ARRL 10m Kompetisie
11 Desember - SARL Jeug Net

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

** Die Suid-Afrikaanse Radio liga se nuus diens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radio liga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum vooraf gaan nie.

Luister elke Sondag oggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n oudio weergawe deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 685 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.Sentechborg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radio liga, saam gestel deur Dawie Conradie, ZR6DHC, geredigeer deur Ryan Gibson, ZS6GGR, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003